|

AfriForum-protospan ontvang opleiding en toerusting

AfriForum se Lydenburg-protospan het op 12 September 2020 spoorsny- en bykomende opleiding ontvang.

Sewe lede is opgelei in spoorsny en toneelbewaring en hierdie spoorsnyers word gebruik om saam met die SAPD misdadigers se spore te volg en te help om hul vas te trek.

Nuwe toerusting is ook vir die lede aangekoop. Hierdie toerusting sluit in koeëlvastebaadjies en -helms. Die helms maak dit ook moontlik dat toerusting soos kameras en flitse daarop gemonteer kan word.

“Hierdie opleiding en toerusting is uiters noodsaaklik en help dat AfriForum-lede veiliger en beter tydens enige misdaadsituasie kan optree,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof vir Gemeenskapsveiligheid in die noordstreek.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag en word deel van die verskil: SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings