AfriForum-plaaswagte in Matzikama-distrik neem aan nasionale massapatrollie deel


Die AfriForum-plaaswagte in die Matzikama-distrik, wat Koekenaap en Lutzville insluit, het op Vrydag 20 Julie 2018 aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Tydens hierdie patrollie het 30 patrolleerders van dié twee AfriForum-plaaswagte in 17 voertuie meer as 400 km afgelê. Geen insidente is aangemeld nie.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suid-streek.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Van Zyl af.

SMS “Plaaswag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings