AfriForum plaas munisipaliteit op terme oor vissery


AfriForum het op 14 Mei 2019 ’n skrywe aan die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit oorhandig en hul op terme geplaas om ’n beperking in te stel oor die hoeveelheid visse wat met nette in die Bon Accord-dam gevang word, asook om teenoor die onwettige plakkers rondom die dam op te tree.

Dít volg nadat AfriForum verskeie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het.

“Hierdie is ’n groot probleem vir die gemeenskap. Die vissers gebruik massiewe nette om vis te vang wat die hoeveelheid visse in die dam op die langtermyn gaan beïnvloed terwyl die onwettige plakkers ’n veiligheidsrisiko inhou vir gemeenskapslede wat die dam besoek,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-area.

De Klerk voeg by dat mense AfriForum in kennis moet stel indien hulle ook soortgelyke probleme in die Pretoria-omgewing ervaar.
Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “PTA” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings