AfriForum plaas munisipaliteit op terme oor swak vullisverwydering


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 25 April 2019 ’n skrywe aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oorhandig en hulle op terme geplaas oor die swak vullisverwydering in die Emfuleni-gebied.

Dít volg nadat daar maande laas vullisverwydering plaasgevind het.

“Dit hou ’n groot gesondheidsrisiko in wanneer hierdie basiese dienste waarvoor die belastingbetalers betaal, nie gelewer word nie. Swartsakke staan soos berge op die sypaadjies waar mense daagliks moet leef,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Indien die munisipaliteit nie die voorwaardes van die skrywe nakom nie, sal die plaaslike tak ’n vullisafleweringsaksie by die munisipale kantore reël om die munisipaliteit sodoende te dwing om hul daadwerklike pligte na te kom.
Volgens Ungerer wil AfriForum gemeenskapslede nooi om aan hierdie aksie deel te neem om te verseker dat die gemeenskap se stem gehoor word. Hy voeg by dat die finale reëlings vir die aksie op AfriForum se Vanderbijlpark-tak se Facebook-blad deurgegee sal word.
Diegene wat by hierdie tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na afriforumvdb@gmail.com of ’n SMS na 072 908 1345.
Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings