|

AfriForum plaas Moqhaka-munisipaliteit op terme ná riool in begraafplaas

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit op 26 Februarie 2020 op terme geplaas oor riool en afvalwater wat in die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad vloei. Die munisipaliteit word 48 uur gegun om hul aksieplan aan AfriForum voor te lê en die uitloop van riool te stop.

AfriForum doen ’n dringende beroep op die munisipaliteit om die rioolprobleme reg te stel, asook om hul plan voor te lê oor hoe hierdie probleem in die toekoms die hoof gebied gaan word om te verhoed dat dit weer gebeur.

Die gemeenskap en ander rolspelers het AfriForum genader om druk op die munisipaliteit uit te oefen en te verseker dat dié probleem opgelos word. Meer as 2 000 vroue en kinders is in dié konsentrasiekampbegraafplaas begrawe en dit is een van die van die grootstes in die land.

“Dit is skokkend dat die munisipaliteit kan toelaat dat riool en ander afvalwater die begraafplaas oorstroom. AfriForum sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat die probleem opgelos word en dat die begraafplaas herstel word,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

“Ons sal aanhou om druk op die munisipaliteit uit te oefen om die probleem so gou as moontlik op te los en die situasie deurgaans moniteer. Dit is onaanvaarbaar dat ’n geskiedkundige gebied in só ’n toestand is,” sluit Nel af.

AfriForum se Kroonstad-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se toekomstige projekte en aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings