AfriForum plaas EFF op terme oor haatspraak


Die burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg dit om ’n klag van haatspraak teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aanhangig te maak nadat EFF-betogers gister tydens ’n betoging voor Hoërskool Overvaal die frases “White man, you must die”, “Shoot to kill the Boere” en verskeie ander rassistiese en aanhitsende uitsprake gedreunsang het.
AfriForum se regspan sal vandag ’n prokureursbrief op die leierskap van die EFF beteken, waarin die party gevra word om hul standpunt oor hierdie insident te verklaar.

“Indien hierdie optrede nie EFF-beleid is nie, verwag ons dat die party se leierskap hulle onvoorwaardelik daarvan distansieer en tugstappe neem,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. “Indien die party egter nie bereid is om dit te doen nie, sal ‘n klag van haatspraak ingevolge die gelykheidswet teen die party aanhangig gemaak word.”

Soortgelyke plasings