|

AfriForum-personeel spring in en verwyder rommel

Personeellede van gemeenskapsake by die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag self ingespring en rommel naby die hoofkantoor in Kloofsig, Centurion, opgetel in ’n poging om die omgewing skoner te maak.

Aktiwiteite soos hierdie is deel van die #AnkerdorpPadskou wat in Februarie in Pretoria afgeskop het en reeds met groot sukses in Rustenburg uitgerol is. Die volgende dorp wat aan die beurt kom, is George waar AfriForum en vrywilligers in Mei ook talle projekte gaan aanpak om die lewensgehalte van inwoners te verbeter.

Die veldtog het ten doel om hoop te skep en die selfdoenaksies dra die boodskap in gemeenskappe uit dat indien jy ’n verskil in jou dorp wil sien, dit by jou moet begin.

Enigiemand is welkom om aan die veldtog deel te neem. Vir meer inligting besoek www.ankerdorp.co.za

 

Soortgelyke plasings