AfriForum oorhandig samewerkingsooreenkoms aan polisiebevelvoerder in Hermanus


Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak, en Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, het gister ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat onlangs tussen AfriForum en die waarnemende nasionale polisiekommissaris onderteken is, aan kol. Luthando Nosilela, polisiebevelvoerder in Hermanus, oorhandig.
Kol. Nosilela het tydens die geleentheid gesê dat hy bereid is om saam met enige organisasie te werk wat misdaadbestryding ’n prioriteit maak. Hy het ook genoem dat “vennootskappe” een van die vier pilare is waarop die SAPD se misdaadbestrydingsfilosofie gegrond is.

“Die AfriForum-buurtwagte in Overstrand is tot die beskikking van die SAPD waar misdaad bestry moet word,” sê Elmarie van Dalen.
“AfriForum besef dat geen organisasie in isolasie kan werk nie, en daarom moedig ons vennootskappe met ander rolspelers in die gemeenskap aan. Misdaad kan slegs deur ’n holistiese benadering hokgeslaan word,” voeg Thomas van Dalen by.

Soortgelyke plasings