AfriForum oor begrotingsrede: Tito trek regeringsgordel stywer

AfriForum verwelkom die spaarsamige begrotingsrede wat die minister van finansies, Tito Mboweni, vandag gelewer het.

“Die besnoeiing van staatsuitgawes moes lankal gedoen geword het en dit is bemoedigend om te sien dat die tesourie dit uiteindelik besef. Meer kan egter in hierdie verband gedoen word en die vraag is of die regering die politieke wil gaan hê om by die besnoeiings te hou wat Mboweni vandag aangekondig het,” sê Natasha Venter, senior veldtogbeampte by AfriForum.

AfriForum verwelkom ook die besluit dat persoonlike belasting vir sekere belastingkerwe verlaag word, alhoewel belastingbetalers steeds gaan moet opdok in die vorm van verskeie versteekte belastings, soos die verhoogde heffings op brandstof en die padongelukfonds.

Soortgelyke plasings