AfriForum ondersoek oorsaak van Knysna-brande


Dr. David Klatzow, bekende forensiese wetenskaplike, het vandag namens die burgerregte-organisasie AfriForum die moontlike oorsaak van die brande in Knysna en omliggende gebiede begin ondersoek.
Die eerste fase van die ondersoek behels om alle relevante inligting rondom die brande in te samel. Dr. Klatzow gaan tydens sy ondersoek ook met verskeie rolspelers vergader om hul insette te kry.
Dr. Klatzow het vroeër vandag oor die rampgebied gevlieg om nie net die omvang van die brande te probeer bepaal nie, maar ook om vas te stel of ’n vuur na ’n ander gebied kon versprei by wyse van die wind wat in daardie stadium gewaai het met inagneming van die windrigting en -sterkte.
Die publiek word genooi om enige inligting rondom die moontlike oorsaak van die brande na reint@afriforum.co.za te stuur.

Soortgelyke plasings