AfriForum onderneem toer deur Hartswater vir bewusmaking van swak infrastruktuur  

 
AfriForum_Logo - twitter
Die plaaslike AfriForum-tak in Hartswater nooi die media uit om saam deur dié dorp te toer om eerstehands te sien wat die grootste en mees ernstige infrastruktuursprobleme is.
Na afloop hiervan gaan die tak ’n petisie saam met ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), 2000 aan die munisipale bestuurder van die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
Die petisie eis onder meer dat die munisipaliteit:

  • ag moet slaan op openbare deelname;
  • volledige impakstudies moet doen;
  • huidige dienslewering op standaard moet bring; en
  • infrastruktuur moet herstel waar nodig.

Die besonderhede van die infrastruktuurtoer is soos volg:
Datum: Vrydag, 17 Februarie 2017
Tyd:                 9:00
Plek:               LLD-Prokureurs, 12D D.F. Malanstraat, Hartswater
RSVP:             Theo Joubert by 072 938 8588

Soortgelyke plasings