AfriForum-monumentoudit 2020

AfriForum wil graag hê ons lede en die gemeenskap moet ingelig wees oor die monumente en gedenkwaardighede in elke dorp en stad. Gemeenskappe is dikwels onbewus van monumente in hul eie omgewing en baie mense het dit nog nooit besoek nie.

Daarom is dit belangrik dat ons weer die dorpe se geskiedkundige verhale vertel. Ons wil mense inlig waar monumente geleë is, asook wat die geskiedkundige betekenis van elke monument is.

Daar moet weer onder oud en jonk ’n gevoel van trots gekweek word.

Dis belangrik dat ons die erfenis van ons land vir ons nageslag en húl nageslagte bewaar. Dit kan slegs gebeur as ons eienaarskap neem, die monumente self in stand hou en die gemeenskap en ons lede bewus maak van die monumente in elke dorp.

Die toestand van elke monument moet geëvalueer word en daar moet dan, waar nodig, met die nodige persone in verbinding getree word om herstelwerk aan die monumente te doen – of dit nou die plaaslike munisipaliteit is wat oor die instandhouding aangespreek moet word of selfs as AfriForum self moet inspring om die nodige werk te doen met hulp van die gemeenskap.

Ons wil graag lede van die publiek uitnooi om tussen 2 Maart 2020 en 31 Maart 2020 vir ons foto’s te stuur van die monument in jou dorp wat opknapwerk nodig het. Dit sal dit vir ons moontlik maak om die nodige aksieplanne te loods.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings