|

AfriForum moedig publiek aan om kommentaar teen destruktiewe NGV in te dien

AfriForum gaan binnekort sy kommentaar op die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) indien. Die burgerregteorganisasie moedig ook die publiek aan om kommentaar teen hierdie destruktiewe wetsontwerp in te dien, aangesien die tydperk vir openbare kommentaar nou oopgestel is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het op 29 Augustus 2019 ’n voorlegging oor die NGV voor die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gedoen. Dit beteken dat die parlementêre proses, wat ’n openbare konsultasieproses insluit, nou begin. Die departement van gesondheid gaan ook binnekort bekend maak op watter plekke en provinsies openbare sittings gehou sal word. AfriForum beplan om hierdie openbare sittings by te woon en moedig die publiek aan om dit ook by te woon.

“Die regering se beloftes aan die publiek – dat die NGV die antwoord op alle gesondheidsprobleme in hierdie land is – is vals. Die implementering van die NGV sal uiteindelik daartoe lei dat die gehalte van gesondheidsorg vir almal daal. Die enkele hoofbydraende faktor wat universele toegang tot gesondheidsorg bepaal, is die per kapita-inkomste van ’n land. Suid-Afrika se belastingbetalers kan eenvoudig nie nóg ’n gefaalde staatsbeheerde entiteit – waarin die NGV uiteindelik gaan ontaard – bekostig nie,” sê Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum.

Ondersteun AfriForum se teenstand teen hierdie wetsontwerp: https://afriforum.co.za/afdelings/veldtogte/nasionale-gesondheidsversekering/

Soortgelyke plasings