AfriForum Maand van Selfstandigheid-aksie: Grafte van historiese figure skoongemaak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 10 Oktober, as deel van hul Maand van Selfstandigheid-veldtog, die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria skoongemaak. Dié begraafplaas wat in 1867 geopen is, is die rusplek van historiese figure soos Andries Pretorius, Eugène Marais, Jopie Fourie, Hans Strijdom en Paul Kruger.
AfriForum het dit goed gedink om dié skoonmaakaksie spesifiek op 10 Oktober aan te pak ter herdenking van Paul Kruger se verjaardag.

“Dit is belangrik vir die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie soort aksies. Die Heldeakker-begraafplaas vorm deel van ons erfenis en ons moet verseker dat dit vir die volgende nageslag bewaar word,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se koördineerder vir Gauteng-Noord.

Soortgelyke plasings