AfriForum maak Potchefstroom skoon


Die AfriForum-tak in Potchefstroom het die hoop vullis op die hoek van Malvastraat en Watervallaan in die Bailliepark-woonbuurt verwyder, die gras gesny en bome gesnoei.
Dit volg nadat pleidooie aan die Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit om vullis hier op te ruim wat onwettig gestort is op dowe ore geval het.
Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, sê die tak beplan om talle soortgelyke projekte in dié buurt van stapel te stuur.

“Met dié tipe projekte verbeter ons die netheid van en veiligheid in ons woonbuurte,” sê Herman Swiegers, voorsitter van die AfriForum-tak in Potchefstroom.

Soortgelyke plasings