AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppelresultate bekend


AfriForum het gedurende April 2018 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

“Ons kon vasstel dat elke dorp, behalwe Ellisras, se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum se plaaslike struktuur in Ellisras gaan die watergehalte deurlopend toets nadat hoë E. coli-lesings geneem is. Dit hou baie nadelige gevolge in vir inwoners wat besmette water inneem. Dit is ons plig om druk op die owerhede te plaas om te verseker dat die drinkwater sowel skoon as op standaard is,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat die meerderheid van die dorpe in Limpopo se drinkwater skoon is.
 

Limpopo
Tak Munisipaliteit AfriForum-bloudruppel 2016 AfriForum-bloudruppel 2017 AfriForum-bloudruppel 2018
Warmbad Bela-Bela PM Skoon Skoon Skoon
Nylstroom Lim 368 PM Skoon Skoon Skoon
Naboomspruit Lim 368 PM Skoon Skoon Skoon
Vaalwater Lim 368 PM Skoon Skoon
Ellisras Lephalale PM Skoon Agt eenhede E. coli per 100 ml Hoë E. coli-telling
Louis Trichardt Makhado PM Skoon Skoon   Skoon
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon
Haenertsburg Groter Tzaneen PM Skoon Skoon
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM Skoon Skoon Skoon
Groblersdal Elias Motsoaledi PM Skoon Skoon Skoon
Pietersburg Polokwane PM Skoon Skoon Skoon
Potgietersrus Mogalakwena PM Skoon
Marble Hall Ephraim Mogale PM Skoon Skoon Skoon

 
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen sewe van die dorpe se rioolwater nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
 

Limpopo
Tak Munisipaliteit AfriForum-groendruppel 2016 AfriForum-groendruppel 2017 AfriForum-groendruppel 2018
Warmbad Bela-Bela PM
Nylstroom Lim 368 PM >1 000 >1 000 >100 000
Naboomspruit Lim 368 PM >100 000
Vaalwater Lim 368 PM
 
Ellisras Lephalale PM Hoë fosfaattelling >15 000 Hoë fosfaat- en E. coli-telling >100 000 per 100 ml
Louis Trichardt Makhado PM >1 000
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon
Haenertsburg Groter Tzaneen PM
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM Hoë fosfaat- en E. coli-telling >100 000 per 100 ml
Groblersdal Elias Motsoaledi PM >1 000
Marble Hall Ephraim Mogale PM 17 000

 

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word,” sluit Grobbelaar af.

AfriForum versoek Limpopo se inwoners om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45340 en voeg jou steun tot hierdie aksie. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings