|

AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat die drinkwater van al die dorpe wat getoets is aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.

Bloudruppelresultate

Dié resultate dui daarop dat al die drinkwater van Limpopo-dorpe wat getoets is skoon is.

Limpopo-bloudruppelresultate
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019
Ellisras Lephalale PM 8 eenhede E.coli per 100 ml E.coli

>2 kve

 

Fekale kolivormige bakterieë

>2 kve

Skoon
Groblersdal Elias Motsoaledi PM Skoon Skoon Skoon
Haenertsburg Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon
Leeupoort Thabazimbi PM Skoon
Louis Trichardt Makhado PM Skoon Skoon Skoon
Marble Hall Sekhukhune PM Skoon Skoon Skoon
Naboomspruit Lim368 PM Skoon Skoon Skoon
Nylstroom Lim368 PM Skoon Skoon Skoon
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM Skoon Skoon Skoon
Pietersburg Polokwane PM Skoon Skoon Skoon
Rooiberg Thabazimbi PM Skoon
Thabazimbi Thabazimbi PM Skoon
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon
Vaalwater Lim368 PM Skoon Skoon Skoon
Warmbad Bela-Bela PM Skoon Skoon Skoon
Ander
Letabakamp Nasionale Krugerwildtuin Skoon Skoon Skoon
Olifantskamp Nasionale Krugerwildtuin Skoon Skoon

Groendruppelresultate

Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen vier van die dorpe (Ellisras, Naboomspruit, Nylstroom en Pietersburg) se rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Limpopo-groendruppelresultate
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019
Ellisras Lephalale PM >15000 >100 000 E. coli

>100 000 fekale kolivormige bakterieë

>1000
Groblersdal Elias Motsoaledi PM
Leeupoort Thabazimbi PM
Marble Hall Sekhukhune PM
Naboomspruit Lim368 PM >2500 >100 000 E. coli

>100 000 fekale kolivormige bakterieë

>1000
Nylstroom Lim368 PM >1000 >100 000 E. coli

>100 000 fekale kolivormige bakterieë

>1000
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM 4000 >100 000 E. coli

>100 000 fekale kolivormige bakterieë

Pietersburg Polokwane PM >100 000 E. coli

>100 000 fekale kolivormige bakterieë

>1000
Potgietersrus Mogalakwena PM
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon
Warmbad Bela-Bela PM Skoon Skoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor munisipale rioolsuiweringsaanlegte waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Ellisras, Naboomspruit, Nylstroom en Pietersburg. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van Limpopo se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45342 (R1) om hierdie aksie te steun.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings