Spyskaart +

AfriForum maak Kimberley koel

September 17, 2015 deur Esmarie Prinsloo

AfriForum het gister groen gegaan in Kimberley deur bome in verskeie dele van die stad te plant.


“Bome verskaf nie net koelte nie, maar is van kardinale belang vir die voortbestaan van die mensdom. In boomplantmaand, wat reeds op 1 September 2015 begin het, is dit ons missie om groen te gaan en bome te plant waar ons kan,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noord-Kaap.

“AfriForum is tans besig met ’n reeks selfdoenprojekte wat onder meer die skoonmaak van strate, die behandeling van besoedelde riviere, misdaadbekamping, die herstel van slaggate, die opknapping van begraafplase, en vele meer behels. Ons wil die gemeenskap aanmoedig om ook betrokke te raak. Selfdoen is beter as niksdoen.”

AfriForum doen ’n beroep op Kimberley se inwoners om deel te word van die organisasie se selfdoenprojekte.

Almal wat by AfriForum wil aansluit, kan hulle naam SMS na 32688. R1/SMS.