|

AfriForum maak Hoogland-streek se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Hoogland-streek se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat alle dorpe in die gebied se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Bloudruppelresultate

Dié resultate dui daarop dat al die dorpe in die Hoogland-streek se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Hoogland

Tak Munisipaliteit Provinsie Blou-druppel AfriForum 2014 Blou-druppel AfriForum 2015 Blou- druppel AfriForum 2016 Blou-druppel AfriForum 2017 Blou-druppel AfriForum 2018 Blou-druppel AfriForum 2019
Bethlehem Dihlabeng PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon
Bultfontein Tswelopele PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon
Frankfort Mafube PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Harrismith Maluti-A-Phofung PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Kroonstad Moqhaka PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon
Odendaalsrus Matjhabeng PM Vrystaat Skoon Skoon
Reitz Nketoana PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon Skoon
Senekal Setsoto PM Vrystaat Skoon Skoon
Welkom Matjhabeng PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon Skoon
Winburg Masilonyana PM Vrystaat Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon

Groendruppelresultate

Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen die vyf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Hoogland
Tak Munisipaliteit Provinsie Groen-druppel AfriForum 2014 Groen-druppel AfriForum 2015 Groen- druppel AfriForum 2016 Groen- druppel AfriForum 2017 Groen- druppel AfriForum 2018 Groen- druppel AfriForum 2019
Bethlehem Dihlabeng PM Vrystaat >1 000

Fekale kolivormige bakterieë

>1000

Fekale kolivormige bakterieë

Bultfontein Tswelopele PM Vrystaat Skoon
Frankfort Mafube PM Vrystaat >2500 Skoon >500
Harrismith Maluti-A-Phofung PM Vrystaat Skoon Skoon
Kroonstad Moqhaka PM Vrystaat 1 000 00 >1000 Fekale kolivormige bakterieë >1000
Reitz Nketoana PM Vrystaat 2500 >2500 >1500
Welkom Matjhabeng PM Vrystaat  – >1000

E. Coli

>2000
Winburg Masilonyana PM Vrystaat Skoon 10000 Skoon Skoon >1 000 Fekale kolivormige bakterieë Skoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, dit sluit Bethlehem, Frankfort, Kroonstad, Reitz en Welkom in. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Nel.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van jou dorp se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 31481(R1) om hierdie aksie te steun.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings