|

AfriForum-lugvleuel ʼn moet in elke gemeenskap

AfriForum se Overstrand-tak het einde 2019 besluit om ’n hommeltuig aan te koop en om ’n hommeltuigvlieënier uit die gemeenskap op te lei. Lede van die gemeenskap het geld geskenk om volgens die vereiste lugvaartwetgewing ’n lugbandradio aan te koop. Dié lugvleuel in die Overstrand werp op hierdie stadium goeie vrugte af – nie net as reaktiewe maatreël nie, maar beslis ook as misdaadvoorkoming.

Sedert die aanwending van die hommeltuig is daar reeds by agt geleenthede in samewerking met die SAPD en munisipale wetstoepassers opgetree en misdade afgeweer. Die aanwending van die hommeltuig binne die lugvaartwet en -reëls kan tydens verskeie teenmisdaadoperasies gebruik word, wat huisbrake en perlemoenstropery insluit.

“Die gebruik van ’n hommeltuig is van groot waarde vir doeltreffende misdaadbekamping – mits dit reg aangewend word. Dit is ’n groot magsvermenigvuldiger, veral vir die SAPD en ander wetstoepassers wat nie oor hierdie vermoë beskik nie,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid in die suidstreek.

“Ons sal voortdurend projekte in samewerking met die owerhede aanpak om misdaad hok te slaan,” sluit Van Zyl af.

Raak by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings