AfriForum loods teenboelieveldtog by Laerskool Roodekrans


Die burgerregte-organisasie AfriForum het verlede week hul teenboelieveldtog by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng van stapel gestuur.
Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers en ouers in.

“Dit is belangrik vir die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en die trauma-eenheid om saam met kinders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, navorser by ANI.
“Ons is dankbaar dat AfriForum hierdie bewusmakingsprojek by ons skool aangebied het, aangesien ons ’n waardegedrewe skool is wat waardes soos eerlikheid, omgee vir ander, verantwoordelikheid, integriteit en respek nastreef,” sê Deon Rousseau, hoof van Laerskool Roodekrans.

Indien jou kind se skool by hierdie projek betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za.
Klik op hier om ’n video van die veldtog te sien.

Soortgelyke plasings