AfriForum loods sigbaarheidspatrollie ná Magnoliadal-moorde


AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het op 22 Junie 2019 ’n sigbaarheidsaksie uitgevoer nadat vyf hawelose mense die afgelope twee weke in die Magnoliadal-omgewing vermoor is.

Die buurtwaglede het tydens die aksie te voet en per voertuig gepatrolleer om sigbaarheid in die gebied te verbeter, asook om toe te slaan op kriminele aktiwiteite.

“Die aanvalle op hawelose mense kan nie geïgnoreer word nie. AfriForum se strukture is hier om bystand aan gemeenskappe te bied en veiligheid te verbeter. AfriForum sal voortdurend hierdie aksies hou om gemeenskappe by te staan,” sê Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag.
“In gevalle soos dié moet die gemeenskap – wat oor die nodige hulpbronne beskik – opstaan vir diegene wie se stem nie gehoor kan word nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Soortgelyke plasings