AfriForum loods selfdoenskoonmaakaksie in Sasolburg


Die AfriForum-tak in Sasolburg het op 14 Oktober 2017 ’n skoonmaakaksie as deel van die burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog by die terrein langs H.F. Verwoerdweg in die dorp voltooi.
Dít volg nadat die tak vroeër vanjaar begin het om hierdie terrein skoon en netjies te maak om te verhoed dat misdadigers dit as bymekaarkomplek kan gebruik of gesteelde goedere daar kan stoor. AfriForum-lede het vir sewe ure lank kragte ingespan om soveel moontlik vullis en takke (sowat twaalf trokvragte) op te tel en weg te ry.
H. du Plessis van Du Plessis Sand in Vaalpark het ’n trok en bestuurder beskikbaar gestel.

“Met hierdie aksie bewys die tak dat gemeenskappe ’n daadwerklike verskil in hul dorpe kan maak,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

Skakel 074 024 6663 om betrokke te raak by soortgelyke projekte of om meer uit te vind oor AfriForum se Sasolburg-tak.

Soortgelyke plasings