|

AfriForum loods noodwaterpuntprojek

 

Verskeie AfriForum-takke het onlangs noodwaterpunte opgerig waar skoon drinkwater by privaat bronne beskikbaar gestel word. Die burgerregte-organisasie sien ook toe dat munisipale boorgate in krisistye herstel word om watervoorsiening te verbeter.

“Baie mense sal vra hoekom AfriForum nou, te midde van die koronapandemie, ’n noodwaterpuntprojek sal loods. Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en ons glo daarin om proaktief op te tree en gemeenskappe in staat te stel om hulself teen swak staatsdienslewering te beskerm, veral in die voorsiening van water,” sê Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum.

Soortgelyke plasings