|

AfriForum-lid in die wolke oor nuwe motor

rozier-afriforum-operasie opdateer-wenner-13

’n Egpaar van Piet Retief in Mmumalanga, wat aan AfriForum se projek Opdateer deelgeneem het, het vandag ’n splinternuwe Corolla Quest ryker geword.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die sleutels vir die nuwe wit motor aan Piet en Regina Böhmer by AfriForum se hoofkantoor in Centurion oorhandig.

“Ek kon nie glo wat ek hoor toe ek ingelig is dat ek die eerste prys gewen het nie. Dit begin nou eers werklik insink hier waar ek dit voor my oë sien. Dit kon ook nie op ’n beter tyd kom nie, want ons sou juis binnekort ’n klein tweedehandse motortjie moes kry,” het Böhmer gesê.

Volgens hom is dit een van die grootste geskenke wat hy al ooit gekry het aangesien hy nog nooit iets gewen het nie. “Ek kan net die Skepper en AfriForum hiervoor bedank.”

Volgens Böhmer het hy sy besonderhede opdateer sonder om werklik ag op enige van die pryse te slaan. Ek dink as mens aan enige organisasie behoort, moet jy gereeld jou adres en ander besonderhede opdateer.

Hy sê hy is ’n trotse lid van AfriForum en dat hy dankbaar is vir die goeie werk wat die burgerregte-organisasie doen en vir alles waarvoor hulle baklei en opstaan.

Die ander wenners is: Johan Engelbrecht in die tweede plek met ’n sleepwaentjie en Gustav Snyman in die derde plek met ’n kragopwekker. Die kwartaalwenners is Böhmer, Willem Cronje Oosthuizen, Nadia le Roux en Albert John Hilton Pretorius.

AfriForum-lede kan steeds hul besonderhede opdateer by https://afriforum.co.za/operasie-opdateer/. Lede met geen internettoegang nie, kan hoofkantoor kontak by 086 10 200 30.

 

 

Soortgelyke plasings