Spyskaart +

AfriForum-lede betaal minder vir meer veiligheid danksy Ctrack-ooreenkoms

Januarie 11, 2016 deur Admin

Die ooreenkoms wat AfriForum onlangs met Ctrack, een van Suid-Afrika se grootste voertuigopsporings- en vlootbestuursmaatskappye, onderteken het, beteken dat AfriForum-lede in die toekoms op goeie afslag op die premies van hul voertuigopsporingstelsels kan aandring. Dit is egter nie die enigste rede waarom Ctrack jou eerste keuse behoort te wees nie.

Ctrack gaan ook ’n gedeelte van hierdie maandelikse premies aan AfriForum skenk vir die oprigting van beheerkamers, wat buurtwagte sal help om meer doeltreffend te funksioneer.

Indien die veiligheid van jou gesin en gemeenskap jou na aan die hart lê, is Ctrack ʼn móét. Lees gerus verder vir meer inligting.

Ctrack-voertuigopsporing en gesteeldevoertuigreaksie

Ctrack-produkte is só ontwerp en word professioneel geïnstalleer om nie net die veiligheid van voertuie nie, maar ook van gesinne en besighede te verseker vir groter gemoedsrus.

Ctrack-stelsels is trots Suid-Afrikaans en maak slegs van gehalte-onderdele gebruik asook die nuutste satelliet- en sellulêre opsporingstegnologie. Ctrack beskik selfs oor ’n inbelsentrum wat in noodgevalle gebruik kan word. Vir gerieflikheidshalwe is jou voertuig ook ten alle tye op jou slimfoon, tablet of rekenaar sigbaar.

Voorts is Ctrack se opsporingstelsels altyd operasioneel danksy ʼn outomatiese daaglikse kontrole wat verseker dat die eenheid ten volle funksioneer. Anders gestel, met Ctrack hoef jy nooit weer ʼn selftoets uit te voer nie.

Vir nóg beter veiligheid bied die maatskappy ’n reeks bykomende dienste wat waarde sal toevoeg. Dit sluit nood-, pad- én mediese bystand asook regsadvies in.

Die produkte waaruit jy kan kies:

Standaard: cMe

Ctrack cMe is ʼn voertuigopsporingstelsel vir diegene wat slegs op soek is na ʼn gesteeldevoertuigreaksiediens vir versekeringsdoeleindes. Anders as die meeste intreevlakstelsels, maak dit van satelliet- én sellulêre tegnologie gebruik. Dit verseker akkurate, intydse opsporingsinligting wat voertuigopsporing in enige aangemelde diefstal of kapingsvoorval steun.

Gevorderd: Secure

Ctrack Secure bied meer as net voertuigopsporing – met die vermoë om ook jou voertuig se status, bewegings en ritte op jou slimfoon, tablet of rekenaar te volg. Privaat- en sakereise kan aangeteken word om ʼn goedgekeurde SAID-verslag te skep. Vir bykomende veiligheid kan jy selfs voorkeurgebiede of geentoegangsones skep. Dit maak dus nie saak waar die voertuig rondbeweeg nie, jy sal proaktief in kennis gestel word.

Omvattend: Lite
Ctrack Lite is spesifiek ontwikkel vir klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMOs) en bied voertuigopsporing, gesteeldevoertuigreaksiedienste en basiese vlootbestuur teen ʼn bekostigbare prys. Die stelsel is opgestel om voertuig- en vlootbestuurskoste laag te hou. Ctrack Lite bevorder die veiligheid van die insittendes. Motorisgedrag soos versnelling, remme aanslaan, hoeke sny en spoedoortredings word ook deur die stelsel gemeet. Slytasie en brandstofverbruik word terselfdertyd hierdeur verlaag.

 

Vir meer inligting kontak Ctrack gerus om die proses aan die gang te sit.

Tel: 012 450 2295
E-pos: afriforum@ctrack.co.za