AfriForum lê strafregtelike klag teen Naledi-raadslede

 

Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag ’n strafregtelike klag by die Vryburg-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na twee beweerde gevalle van bedrog deur plaaslike munisipale amptenare van en moontlik ook verskaffers aan dié munisipaliteit.
Dié klag spruit uit ’n geval waar ’n baie duur horlosie aan die vorige munisipale bestuurder as afskeidsgeskenk gegee is, maar die regte prosedure nie gevolg is nie. Die tweede saak handel oor ’n jeugmusiekfees wat gehou sou word – hoewel dit nooit plaasgevind het nie, is ’n groot deel van die geld wel aan die betrokke verskaffers betaal.

“Ons hoop dat die skuldige partye aan die pen sal ry en geregtigheid sal seëvier. AfriForum sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat belastingbetalers se geld verantwoordelik en regmatig aangewend word en dat moontlike strafregtelike aktiwiteite onder die loep geneem word. AfriForum doen ’n beroep op fluitjieblasers om na vore te kom om korrupsie te help ontbloot,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Soortgelyke plasings