|

AfriForum lê klag van aanhitsing teen PAC

AfriForum het vandag ’n strafregtelike klag van aanhitsing tot geweld teen die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig gemaak ingevolge Artikel 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956.

Dit volg op die PAC se verspreiding van promosiemateriaal vir ’n openbare uitstalling wat die frases “One Settler, One Bullet” en “Each Bullet Takes Us Forward” bevat.

“Sulke aanhitsing tot geweld teen minderhede is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat dubbele standaarde in terme van sulke gevaarlike retoriek geduld word nie,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir Strategie en Inhoud by AfriForum.

“AfriForum sal die nodige stappe doen om te verseker dat reg geskied deur gepaste regskanale te volg. Ons dring daarop aan dat die owerheid dié geval van aanhitsing tot geweld deur die PAC met die nodige erns hanteer. Indien sulke retoriek nie summier gestop word nie, skep dit ’n baie gevaarlike presedent,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings