AfriForum is jou stem in die buiteland

Ernst Roets, Marina Wiese en Mariandra Heunis het hierdie week na die VSA gevlieg as deel van AfriForum se veldtog om bewustheid te skep vir plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika. Mariandra verteenwoordig die talle plaasaanval- en -moordslagoffers. Hierdie veldtog is veral belangrik in die lig van President Cyril Ramaphosa se onlangse ontkennings van die realiteit van plaasmoorde en grondgrype tydens sy VSA-toer. Hierdie toer sal bestaan uit ’n reeks opvolgafsprake ná verlede jaar se toer. AfriForum gaan met navorsings- en media-instellings, politici en ander belangstellendes gesels gedurende hierdie twee week lange bewusmakingstoer.

Versterk ons stem in die buiteland. Voeg jou steun by AfriForum se veldtog vir internasionale bewusmaking van plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding:

 

 

Foto’s:

[ngg src=”galleries” ids=”3″ display=”basic_thumbnail”] 

Dagboek:

8 April

Ons eerste afspraak was met Anthony Shaffer en Eli Gold van London Center for Policy Research. Tydens dié gesprek is klem op onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde in Suid-Afrika geplaas. Shaffer en Gold sê dat beurtkrag in Suid-Afrika geheel en al buite Amerikaners se verwysingsraamwerk is. Veral ooreenkomste en verskille tussen Suid-Afrika en die omstandighede in Zimbabwe en Venezuela is ook bespreek.

John Hines van One America News Network het ook ’n lang onderhoud met Ernst gevoer, wat hoofsaaklik oor plaasmoorde gehandel het.

9 April

Ernst neem aan nege radio-onderhoude met verskeie radiosrasies oor die VSA deel. Ons hoop om die werklike situasie in Suid-Afrika betreffende onteiening sonder vergoeding en plaasaanvalle na die algemene publiek in die VSA te versprei.

Mediaverklarings:

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

AfriForum in VSA ter bewusmaking van onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde

Soortgelyke plasings