AfriForum Jeug ’n aansporing vir Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit


Nadat die AfriForum Jeug-tak op Piet Retief in Augustus 2016 ’n slaggat- en randsteenherstelaksie voor die ingang na die munisipale kantore aangepak het, het die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit onlangs die inisiatief geneem om die parkeerarea by die stadsaal te herstel deur slaggate te vul en padtekens te verf.

“Dit is ’n aangename verrassing om te sien hoe die munisipaliteit positief reageer op die voorbeeld wat AfriForum aan die gemeenskap stel. Selfdoen is waarlik beter as niksdoen!” is Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos, se kommentaar hierop.

Die AfriForum-takbestuur van Piet Retief beplan om binnekort met die munisipale bestuurder te vergader om sodoende samewerking te bevorder.

“Ek is baie opgewonde oor die positiewe gees van ons jeugtak in Piet Retief en wil ’n beroep op alle jeugdiges doen om by ons aan te sluit,” sê Hanu Lategan, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak op Piet Retief.

Soortgelyke plasings