AfriForum jammer oor mislukking van mosie teen Zuma


Die burgerregte-organisasie AfriForum is jammer dat ANC-parlementslede nie vandag die geleentheid aangegryp het om van ‘n korrupte pres. Jacob Zuma ontslae te raak nie.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beklemtoon die feit dat Zuma ten spyte van korrupsie oorleef, dat ‘n sterk burgerlike samelewing nodig is om die president en regering verantwoordbaar te hou.

“Vandag se stemming dien as verdere motivering vir AfriForum om volstoom voort te gaan om korrupte amptenare deur middel van privaat vervolging, onder leiding van adv. Gerrie Nel, tot verantwoording te roep,” sê Kriel.

Soortgelyke plasings