AfriForum hou suksesvolle takbestuurskonferensie in Klerksdorp


Alle AfriForum-takbesture in Noordwes het die afgelope Saterdag die geleentheid gehad om ’n opleidingskonferensie by die Protea-hotel in Klerksdorp by te woon. Die doel van die konferensie was om AfriForum-takbestuurslede op te lei en op hoogte te bring van al die jongste verwikkelinge binne die burgerregte-organisasie. Die konferensie is deur nagenoeg 55 bestuurslede bygewoon.
AfriForum se verskillende afdelings het konferensiegangers ook ingelig oor sake in hul spesifieke afdeling: Veiligheid, plaaslikeregeringsake, omgewingsake, jeug en administrasie het almal ’n spreekbeurt gehad. Tydens wegbreeksessies wat gehou is, is voorleggings gedoen en die takbestuurslede kon vrae vra.

“Ons is baie dankbaar dat soveel van ons takbestuurslede, veiligheidspanne en ander betrokkenes bereid was om hul Saterdag op te offer om ’n sukses van die konferensie te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Veilig” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings