AfriForum hou kranslegging in Middelburg vir plaasmoordslagoffers


AfriForum het vandag, 23 Februarie 2017, ’n kranslegging in Middelburg (Mpumalanga) gehou waar Sue Howarth eergister oorlede is. Howarth is die vyftiende persoon en een van die mees onlangse slagoffers wat vandeesmaand as gevolg van ’n plaasaanval in Suid-Afrika dood is.
AfriForum-personeel, lede van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU-SA) en talle gemeenskapslede het die kranslegging bygewoon.
AfriForum het daarin geslaag dat plaasmoorde deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as prioriteitsmisdaad erken word, maar steeds geniet dit nie die nodige aandag deur die regering nie.

“Mense word gemartel en vermoor en ons wil weet wanneer die staat hierdie geweldsmisdade gaan prioritiseer,” sê Ian Cameron hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Volgens Hillel Coetzer, woordvoerder vir AfriForum, dien die kranslegging ook as herdenking vir alle mense wat in die afgelope twee maande slagoffers van plaasmoorde was. Dit plaas ook die kollig op die regering se versuim om daadwerklik in te gryp.

Soortgelyke plasings