AfriForum herstel straatligte in Pretoria-Oos


AfriForum het op 27 Augustus 2018 nege straatligte in Meerluststraat in Pretoria-Oos herstel waarvan gloeilampe gesteel of stukkend was. Van die lamppale se bedrading was alles gesteel.

“Die stukkende straatligte het ’n veiligheidsrisiko vir die gemeenskap ingehou, veral vir die inwoners van die huis vir bejaardes in die straat. Daarom het AfriForum besluit om hierdie kwessie op te los. Die tak het bewus geword van die probleem nadat die gemeenskap dit by ons aangemeld het. Ons moedig daarom die publiek aan om enige gemeenskapskwessie by hul naaste AfriForum-tak aan te meld,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by die plaaslike takke betrokke te raak en aktief deel te neem aan aktiwiteite. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings