AfriForum help om Bellville skoon te hou


Die AfriForum-tak in Kaapstad-Noord het op 16 Maart 2017 hulp aan The Greater Tygerberg Partnership (GTP) se gemeenskapskoonmaakprojek by die Tielman Maraispark in Bellville verleen in samewerking met Mould Empower Serve (MES), EbieG Skips, Voortrekker Road Corridor Improvement District (VRCID), leerders van die Hoërskool D.F. Malan, asook verskeie vrywilligers van die gemeenskap.
AfriForum het koeldranke en swartsakke vir die inisiatief geborg.

“Dit is belangrik vir verskeie rolspelers om by hierdie inisiatiewe betrokke te raak om sodoende ons gemeenskap te bemagtig,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.
“Projekte soos dié verseker die park se volhoubaarheid,” voeg Johandré van Zyl, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Kaap, by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Skoon” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings