AfriForum help met ontruiming van Buffelsbaai


Die AfriForum-buurtwag in George het op 7 Junie 2017 bystand gelewer met die ontruiming van huise in Buffelsbaai as gevolg van brande wat tans in die omgewing woed.
Die burgerregte-organisasie se George-tak het ’n boodskap ontvang dat mense dringend hulp benodig om strandlangs ontruim te word. AfriForum, tesame met ’n 4×4-klub in George, het talle mense veilig na die Buffelsbaaikafee ontruim. Vandaar is hulle na die Sedgefield Gemeenskapsaal vervoer.

“Talle mense is gehelp, waaronder bejaardes. Troeteldiere is ook na ’n plek van veiligheid geneem,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

AfriForum verleen ook tans hulp aan die gemeenskap van Knysna en omliggende gebiede deur die brande geraak.
Indien iemand ’n finansiële bydrae wil maak, kan hulle ’n skenking aan ons noodfonds maak by die volgende besonderhede:
Rekeningnaam:          AfriForum NPC
Rekeningnommer:      62349898398
Taknaam:                    FNB Centurion
Takkode:                     261550
Verwysing:                  KNYSNA
Persone kan ook “Knysna” SMS na 45344 (R1) om aan te sluit as lid van AfriForum se noodfonds en sodoende maandeliks tot die fonds by te dra.

Soortgelyke plasings