|

AfriForum Gemeenskapsveiligheid erken personeel én vrywilligers wat ‘n verskil maak

AfriForum Gemeenskapsveiligheid en hul netwerk van sowat 10 000 vrywilligers het vanjaar talle suksesse behaal deur hul doelgerigtheid om gemeenskappe te beskerm en te bemagtig.

Volgens Jan Wessels, bedryfshoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is daar besluit om vanjaar erkenning te gee aan diegene wat die ekstra myl geloop het deur toekennings as blyk van waardering aan hulle te oorhandig.

Die volgende toekennings is oorhandig:

  • Beste hoofkantoorpersoneellid by gemeenskapsveiligheid: Guido Urlings
  • Beste resultate as provinsiale veiligheidskoördineerder: David Olivier
  • Beste resultate as streekhoof: Hillel Coetzer
  • Beste beelddraer vir AfriForum: Izel Kruger
  • Beste steunlewering: Hilda van der Merwe
  • Die “Altyd Gereed”-toekenning: Llewellynn Hemmens

Pennings is ook aan die volgende buurtwaglede toegeken vir uitmuntende diens wat aan gemeenskappe gelewer is om hulle weerbaarheid te verhoog:

  • Lourens Theron
  • Chrisma Faulkner
  • Murray van der Merwe
  • Otto van Jaarsveld
  • Juanita Moll
  • Gerhard Moll
  • Gerhard Böhmer
  • Chris van der Westhuizen
  • Cobus Louw
  • Aldo Venter
  • Riaan Holtzhausen
  • Hugo Fourie
  • Martin van Staden
  • Johan Joe Pelser
  • André Badenhorst
  • Andries Opperman
  • Caroline Barnard
  • Archie Mouyis
  • Cornel Swart
  • Gerhard Cilliers
  • Jackie Venter
  • Louis van Aswegen

Medaljes is ook toegeken aan lede wat hulle onderskei het deur uitmuntende diens te lewer in die weerbaarmaking van die gemeenskap:

Brons

  • Delyse Venter
  • Marie Naude
  • Jaco Grobbelaar
  • André Coetsee
  • Izel Kruger
  • Magda Coetzee
  • Johan Kloppers

Silwer

  • Jan Vermaak
  • Henrico Duvenhage
  • Harold Spencer
  • Hein Koning
  • Joye Koning
  • Johan Liebenberg (jr.)
  • Johan Liebenberg (sr.)
  • Johandré van Zyl
  • Marius Müller

Goud

  • Marnus Kamfer
  • Guido Urlings
  • Llewellynn Hemmens
  • Hillel Coetzer
  • Thomas van Dalen

AfriForum se vermoë om gemeenskappe beter te beveilig, kan ook gesien word in dit wat vanjaar bereik is en die strukture wat in plek is.

AfriForum Gemeenskapsveiligheid se strukture het vanjaar met 18% gegroei en bestaan tans uit sowat 10 128 buurtwaglede. Daar is tans twee nasionale beheersentrums en 61 streekbeheersentrums. Die kommunikasienetwerk is ook gerat met 5 133 radiostelle wat 24 uur per dag nasionaal in verbinding kan wees.

Sowat 107 skoleveiligheidsoudits en vier nasionale patrollies, waaraan meer as 20 000 mense deelgeneem het, is uitgevoer. Daar is ook drie grondgrype suksesvol teengestaan en die grond is aan die regmatige eienaars terugbesorg.

AfriForum Gemeenskapsveiligheid is ook tot 2023 geregistreer as ’n geakkrediteerde opleidingsverskaffer en het vanjaar byna 3 800 mense opgelei in onder meer misdaadtoneelhantering, die bewaring van bewysstukke, asook radiospraakprosedures. Daar is vanjaar ook vier lugsteuntakke gevestig en 19 hommeltuigoperateurs is opgelei.

Verder hanteer AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid tans sake van sowat 160 slagoffers, hoofsaaklik weens plaasaanvalle. ’n Slagofferondersteuningsfonds is gestig en die Trauma-ondersteuningseenheid het met die hulp van Bennie Roux, ultramaratonatleet van Pretoria, sowat R200 000 deur hul #HardloopvirHoop-veldtog ingesamel om slagoffers van plaasaanvalle en ‑moorde te ondersteun.

Roux en vyf ander atlete het as deel van dié projek van Villiers tot Fouriesburg in die Vrystaat (sowat 220km) gehardloop om bewusmaking vir plaasmoorde te skep. Hy is ook tydens AfriForum Gemeenskapsveiligheid se toekenningsaand vereer met ’n spesiale toekenning vir sy  onbaatsugtigheid en passie om ’n projek van stapel te stuur ter ondersteuning van slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde.

Jhua-Nine Wyrley-Birch, joernalis en videograaf van Forum Nuus, het ’n toekenning gekry vir haar uitmuntende nuusdekking van die #HardloopVirHoop-veldtog.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die aand afgesluit en gesê: “Ons is  ’n span wat lei en ons suksesse is behaal danksy elke personeellid en vrywilliger se integriteit, dringendheid, leierskap, eensgesindheid en lojaliteit.”

Soortgelyke plasings