AfriForum gaan voort met herstel van slaggate in Mooinooi


Die AfriForum-tak in Mooinooi het onlangs weer slaggate op die Barnardsvleipad herstel omdat die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit versuim om dié dorp se paaie te onderhou.
Die Bojanala Platinum Distriksmunisipaliteit het hul woord gehou deur weer die teer te verskaf waarmee die herstelwerk gedoen is.

“Ons kan nie meer terugstaan en kyk hoe ons dorpe se infrastruktuur agteruitgaan nie,” sê Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.
“AfriForum se Mooinooi-tak het tans 133 lede en met die hulp van die gemeenskap en die distriksmunisipaliteit het ons al meer as R100 000 se slaggate in die dorp herstel. Elke lid se bydrae maak ’n verskil,” voeg Allan Rowan, ondervoorsitter van AfriForum se Mooinooi-tak, by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Gat” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings