AfriForum gaan voort met die aanvra van Matjhabeng-amptenare se kwalifikasies


In die lig van AfriForum se onlangse oorwinning in die Noord-Gautengse hoë hof in Pretoria in die saak teen die eMadlangeni plaaslike regering, is dié burgerregte-waghond nou by magte om die hoogste kwalifikasies van amptenare van die Matjhabeng Munisipaliteit aan te vra.

“Die wet vereis dat munisipale amptenare aan sekere minimum vereistes moet voldoen. Ons sien toenemend hoe munisipaliteite swak presteer en dit is grootliks toe te skryf aan die indiensneming van onbekwame persone,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir die Vrystaat.

’n Ouditverslag het duidelik uitgewys dat meer as R821 miljoen in dié munisipaliteit wanbestuur is gedurende die 2014/2015-finansiële jaar en De Klerk is van mening dat dit direk verband hou met ongekwalifiseerde munisipale amptenare.
AfriForum wil toesien dat bekwame persone in diens geneem word om te verseker dat belastinggeld oordeelkundig in gemeenskappe aangewend word.

Soortgelyke plasings