Spyskaart +

AfriForum gaan groen in Port Shepstone

September 8, 2015 deur Esmarie Prinsloo

AfriForum het met die aanbreek van die lente getoon hoe groot sy begeerte is om bome aan te plant toe die burgerregte-organisasie 20 inheemse bome by Suid-Natal Primêre Skool en Hoërskool Port Shepstone aangeplant het.

Volgens Wessel Pretorius, voorsitter van AfriForum se Margate-tak, is die aanplant van bome ’n simbool van volhoubare omgewingsbestuur en ’n belangrike nalatenskap vir ons kinders.

“Ons land is besonder ryk aan biodiversiteit en dit is ons verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners om saam te staan en die skepping te bewaar. Die natuur behoort aan ons almal en sonder ʼn gesonde omgewing sal niemand oorleef nie. Ons moet seker maak dat ons natuurlike hulpbronne bewaar en volhoubaar bestuur word,” het Pretorius gesê.

Indien jy deel van die span mense wil word wat die natuurlike omgewing bewaar vir ’n lowergroen nalatenskap vir jou kinders, sluit vandag by AfriForum aan deur die woord “Margate” na 45267 te SMS. R1/SMS.