AfriForum en TKAG oorweeg appèl ná hidrobreking-uitspraak


Die Noord-Gautengse hoë hof in Pretoria het vandag AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG) se gesamentlike aansoek om die regering se voorgenome hidrobrekingregulasies nietig te verklaar, van die hand gewys. Die uitspraak word deur die twee organisasies bestudeer en hulle wag op regsadvies om te bepaal of daar wesenlike gronde is om te appelleer.
Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, sê dat AfriForum en TKAG volhou dat die regulasies op verskeie gronde onregmatig is.
Volgens Jonathan Deal, uitvoerende hoof van TKAG, hoop albei organisasies om teen die uitspraak te appelleer.
Gemeenskapslede kan die saak ondersteun deur die woord “Fracking” na 45354 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings