AfriForum en SAPD arresteer 12 onwettige myners


AfriForum se Springs-buurtwag het op 7 Junie 2019 in samewerking met AfriForum se lugsteundiens en die polisie ’n klopjag in en om Springs uitgevoer.

Altesaam 12 onwettige myners is tydens die klopjag in hegtenis geneem en daar is ook op gereedskap beslag gelê. ’n Voortgesette ondersoek na hierdie tipe misdaad word deur die verskillende belangegroepe onderneem om misdadigers in die gebied te ontsê.

“AfriForum se Springs-buurtwag is trots om deel te wees van hierdie veiligheidsnetwerk wat tot ’n veiliger gemeenskap bydra,” sê Morné Greyling, AfriForum se buurtwagvoorsitter in Springs.
“Die beskikbaarheid van hommeltuie tydens die beplanning en uitvoering het tot ’n suksesvolle klopjag bygedra,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.
“Dit is ’n eer om deel te kan wees en die polisie by te staan om misdaad hok te slaan – veral ná die toename in geweldsmisdaad waarby onwettige myners betrokke is.”

Soortgelyke plasings