AfriForum en AfriForum Jeug werk saam om ouetehuis te beveilig


AfriForum en AfriForum Jeug het op Donderdag, 5 Julie 2018 ’n nuwe lemmetjiesdraadheining by die Bougainvillea-park Tehuis vir Bejaardes in Phalaborwa opgerig om sodoende die bejaardes se veiligheid op te skerp.
Dít volg nadat die ouetehuis onder ’n reeks inbrake deurgeloop het en die AfriForum-tak genader is om in te gryp met die beveiliging daarvan.

Die span van AfriForum Jeug het ’n kans gekry om met die bejaardes te gesels, asook om meer te leer van hulle omstandighede. Volgens Drienie Bester, internskapstudent by AfriForum, was dit ’n suksesvolle aksie. “Dit is lekker om te sien dat dit wat ons doen só ’n groot verskil maak vir die inwoners van die ouetehuis.”

AfriForum sal ook deurlopend bystand aan die ouetehuis lewer om te verseker dat die mense veilig is.
AfriForum moedig die gemeenskap aan om deel te word van aksies soos hierdie deur “Selfdoen” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings