AfriForum eis dringende vergadering met eDumbe Plaaslike Munisipaliteit


Die burgerregte-organisasie AfriForum eis ’n dringende vergadering met die eDumbe Plaaslike Munisipaliteit nadat verskeie klagtes aan dié munisipaliteit gerig is oor ’n smeulende vullisterrein in Paulpietersburg wat snags ’n rookwolk oor die dorp laat.

“AfriForum het in November 2017 ’n vergadering bygewoon om fondse te bespreek wat vir ’n nuwe vullisterrein in Paulpietersburg toegeken is. Dié projek sloer egter al só lank dat die nasionale departement van omgewingsake betrek moes word,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.
“Paulpietersburg se vullisterrein is een van die swakste terreine in Noord-KwaZulu-Natal en toon geen vordering om volgens die wet geregistreer te word nie – dít nadat ongeveer R18 miljoen vir die nuwe terrein bewillig is. AfriForum sal voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas om hierdie probleem aan te pak,” voeg Van Aswegen by.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Paulpiet” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings