AfriForum dien klagtes teen die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit in


Gedurende Februarie vanjaar het AfriForum klagtes van bedrog teen die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit in Klerksdorp ingedien.Dit volg nadat dokumente, wat verwys na tender CORS 6/2014 vir die huur van multifunksionele kopieermasjiene, by die AfriForum-kantoor in Klerksdorp afgelewer is.

“Met die nagaan van die dokumente het dit duidelik geword dat daar onreëlmatighede plaasgevind het. Die tender is aan Siyakha-Isizwe Trading Enterprises toegestaan, ten spyte van die bevindinge en ’n aanbeveling van die bodkomitee dat die tender heradverteer moet word en die plaaslike diensverskaffer op ’n ad hoc-basis moet voortgaan met die diensverskaffing,” sê Frans Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp.
“’n Ondersoek deur ’n forensiese ondersoeker het ook ernstige ongerymdhede in die betrokke dokumente bevestig,” sê Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noordwes.
“Ná deeglike oorweging en regsadvies is beëdigde verklarings deur dié tak by die polisie ingedien vir verdere ondersoek en moontlike vervolging,” sluit Roos af.

Soortgelyke plasings