AfriForum dien klagte by SAMRK in oor kommentaar ná Hoërskool Driehoek-tragedie


Die burgerregte-organisasie AfriForum het klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien teen 24 persone wat ná die tragedie by die Hoërskool Driehoek rassistiese en aanhitsende opmerkings op sosiale media gemaak het. Vier leerders is oorlede en 21 ander beseer toe ’n loopbrug op Vrydag 1 Februarie by dié skool ineengestort het. 
Sommige van die rassistiese opmerkings sluit in:

“Don’t have heart to feel pain for three white kids. Minus 3 future problems”

– Siyanda Dizzy Gumede

“Minus 3 future land criminals”

– Neo Kgante

“If they’re white its not so sad. They have been reunited with their Apartheid grannies in hell. Fewer voters for AfriForum Hooray [sic]”

– Ndingu Amanda
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die organisasie teen alle vorme van rassisme gekant is en dat dié rassistiese gedrag walglik en onaanvaarbaar is.

“Enigiemand wat hom in iemand anders (in dié geval kinders) se dood verkneukel of daaroor bly is bloot omdat daardie persoon van ’n ander ras is, moet deur die samelewing tot verantwoording geroep word. Ons doen ook ’n beroep op die publiek om hul afkeur jeens sulke gedrag openlik uit te spreek,” sê Roets.

Soortgelyke plasings