AfriForum deel Zoeloe-koning se sentiment oor onteiening sonder vergoeding


AfriForum deel Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se sentiment oor die onteiening van eiendom sonder vergoeding en die burgerregte-organisasie is bereid om saam met alle rolspelers te werk wat standpunt teen hierdie voorgenome beleid inneem.
Dít volg nadat koning Zwelithini gister met die sesessie van Zoeloeland gedreig het indien die beleid van onteiening sonder vergoeding geïmplementeer word.

“Hierdie beleid hou nie net destruktiewe gevolge vir die ekonomie in nie, maar is ook ’n bedreiging vir kultuurbehoud en plaaslike gemeenskappe. AfriForum se standpunt was nog altyd dat die desentralisering van politieke mag ten gunste van plaaslike gemeenskappe ’n meer volhoubare oplossing vir Suid-Afrika en die behoud van kulturele diversiteit is. Onteiening sonder vergoeding sal presies die teenoorgestelde tot gevolg hê,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.

Soortgelyke plasings