AfriForum-buurtwagte van Marico-distrik neem aan massapatrollie deel


AfriForum se Rustenburg-, Coligny-, Koster (Millvale)-, Zeerust- en Mooinooi-buurtwagte het op 17 Mei 2019, in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye, aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Nagenoeg 320 patrolleerders het deelgeneem en altesaam 5 443 km is met 162 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie. AfriForum organiseer hierdie patrollies om sigbaarheid en samewerking met polisie en sekuriteitsmaatskappye te verbeter en gemeenskappe se veiligheid te bevorder.

“Die Marico-distrik se buurtwagte sal deurlopende aksies en patrollies in samewerking met die polisie hou om misdaad in hul gebied te bekamp. Ons moedig die gemeenskappe aan om deel te word hul plaaslike AfriForum-buurtwag,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder van Marico.

Soortgelyke plasings