AfriForum-buurtwagte neem aan massapatrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Biesiesvlei, Christiana, Delareyville, Sannieshof, Schweizer-Reneke en Vryburg het op 17 Mei 2019 in samewerking met die polisie en sekuriteitsmaatskappye aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Nagenoeg 147 patrolleerders het deelgeneem en altesaam 3 197 km is met 127 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie. AfriForum organiseer hierdie patrollies om sigbaarheid en samewerking met die polisie en sekuriteitsmaatskappye te verbeter, asook om gemeenskappe se veiligheid te bevorder.

“Die Stellaland-distrik se buurtwagte sal deurlopende aksies en patrollies in samewerking met die polisie hou om misdaad in hul gebied te bekamp. Ons moedig gemeenskappe aan om deel te word hul plaaslike AfriForum-buurtwag,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van Stellaland.

Soortgelyke plasings