AfriForum-buurtwagte in Laeveld-distrik neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in die Laeveld-distrik – Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit en Witrivier – het op Vrydag, 19 Oktober 2018 in samewerking met ander organisasies aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

Meer as 150 patrolleerders het 3 500 km in ongeveer 70 voertuie afgelê.
Ander deelnemers sluit Nelspruit Concerned Citizens, gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s) en ander privaat sekuriteitsmaatskappye in. Solidariteit Helpende Hand se Middelburg-tak het vir die patrolleerders se aandete gesorg.

“Die goeie samewerking tussen AfriForum se buurtwagte en ander organisasies is ’n toonbeeld van spanwerk en mense wat probleme in ons land probeer oplos. AfriForum loods dié nasionale patrollies landwyd om beter sigbaarheid en veiligheid in gemeenskappe te verseker,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings